Jongste aktiwiteit:

ProjekteJUNIE 2025 – PIEKNIEK PROJEK

Beste INKers

Op die 18de Junie, vier die wêreld internasionale piekniek-dag.
Vir ons hier aan die suidpunt van Afrika is dit egter winter, maar ek is seker jy kan jou gedagtes mobiliseer om hieraan deel te neem. Ek is seker van ons het ‘n voorkeur vir ‘n winterson-piekniek, maar ons huidige seisoen behoort nie die kreatiewes te kortwiek nie.

TEMA: PIEKNIEK

GEDIGTE:
1. Skryf ‘n gedig in vry-vorm.
2. Geen voorskrifte aan lengte en rympatrone nie.
3. Jy mag die tema interpreteer soos jy wil maar mag NIE die tema as titel gebruik nie.

PROSA:
1. Ontgin die tema in watter manier ookal.
2. Woordtelling mag nie 1200 woorde oorskrei nie.

VERHALE:
1. Skryf ‘n verhaal oor ‘n rampspoedige piekniek waar alles verkeerd loop.
2. 2500 woorde of minder.
3. Ontwikkel jou karakters mooi.

Innoverende mense skryf in Afrikaans.

Lekker pen.
Projekbestuurder.
.

*ONTHOU SLEGS 2 DIG INSKRYWINGS, 3 PROSA EN 2 VERHALE PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE. LET OOK ASB DAAROP OM JOU NAAM ONDER AAN JOU PLASING TE SIT ASB.

Jy het nie geleef tot jy buite geëet het nie. ’n Mandjie, ’n kombers… en ’n diep menslike behoefte om net vry te wees. Iewers, lank gelede, moes iemand genoeg gehad het van formele eet-tradisies. Van klokslag-etes, stywe tafellopers, servette wat soos swane moes lyk, en messe wat altyd regs moes wees. Daardie iemand, dalk […]

solo-uitstappie – Silwer ek hunker daarna om heuningsoet herinneringe oop te sprei (soos ’n blommetjiesdeken of blokkieskombers) en ‘n mandjie vol somer-onthou uit te pak bietjie-bietjie te peusel aan keurige koestergedagtes en godgegewe gisters… dit soos warm sonstrale deur my te voel versprei terwyl vandag ’n steeltjieglas vol nostalgie skink en ek dit argeloos met […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed