Daar waar die kraaie nes kan maak
Daar waar die kraaie nes kan maak …
So lank soos ’n windpomp loop die nooi hoog op die been.
Hare wild soos gedroogte ranke hang dit los.
Sou jy met haar gesels, kom jy agter iewers het ’n rat al lankal reeds gestrip.
Eens tevore was hierdie vrou ook slim, sy kom uit die wêreld van sterk winde trotseer.
Ek wonder watter wind het haar so kom beseer …
Sou ek maar net haar naam kon raai, almal praat van haar daar waar die kraaie nes kan maak.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.