Jongste aktiwiteit:

Sandjie se laaste dag

Sandjie se laaste dag …

 

Op ’n heuwel daar ver het hul gewoon. In liefde mekaar gedra en respek aan God getoon.

 

Helpende hande het sy gehad vir haar medemens en selfs vir dié wat haar soms haat.

 

In stilte het sy haar siekte weggesteek. Sy het vertrou net op haar gebede.

 

Die dag toe sy die lewe stil-stil groet, gaan sy met vol hande en los op aarde niks vir ander om te erf nie.

 

“Ag, Meester, begrawe tog my vrou uit U kerk,” het haar man gesmeek.

 

“Was sy dan ook in ’n kerk? Jammer, broer, ons kan nie jou wens uitvoer nie.”

 

Haar kerk was in haar hart. Haar Bybel was God se natuur … Tog voel die mens dit was nie genoeg vir haar laaste uur nie.

 

Met liefde het hy vir Sandjie onder die groot ou boom laat rus, daar waar sy daagliks by haar God sou gaan sit.

 

©️ Ryno du Plessis 2026

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed