vroeë vrugte
ek kom proe aan jou vrugte van eens verdorde stammetjie nou lowergroen beskermend hang diep soete vreugde op geurige noot ek kom proe aan jou vrugte vrugte wat uitlokkend wink helder op perskegeel gelaat kuiltjies waar dit mooi maak ek kom proe aan jou vrugte nie te vroeg anders bly jy suur blare moet eers […]
Natuur se aanraking
hier in die binnegloed van ons sonneuur voel ek die magiese s t i l l e rus wat styf kom lê teen my hart se k o u e muur kon ek tog myself verloor elk’ dag en uur so sonder dink, sonder s e e r, net voel op my vel jou hemelse […]
Moeilike Maan
Moeilike Maan Ek kyk af na die monsters vergader in die binnehof. Dit was makliker om hier op die balkon te staan. Dit verseker dat hulle onthou dat hulle altyd moet opkyk om my te sien. ‘Wesens van die Nag, ons werk is vir ons uitgesny. Die planeet is besig om dood te gaan. Mense […]
nostalgie
soutpansbergse aasvoëls mis strepe wit teen kranse reën-mis hang donker-swaar oor deinende blou golwe agter duine steek plate vrolike blomme hul koppe uit soutpansbergse aasvoëls mis strepe wit teen kranse oral in kombuise spitter en spat pannekoek-geluide oumense sit toegedraai in wolkomberse en droom soutpansbergse aasvoëls mis strepe wit teen kranse reën-mis hang donker-swaar oor […]
reën op my duin
sopnat heerlike sagte reën bitterkoue oggend laat krimp alles krimp onder takke en gate fisante skreeu in stilte gerus wat kat is verdwyn krul op honde onder my voete buite reën dit sag dankbare hart sing vreugde psalm ©Teárlach
Rimpel sag
In die maan se skyn, blink ‘n dou druppel op ‘n blaar. vêrlangs kom die wind se asem, en waai sag deur die nag se ruit. ‘n Rustige kalmte vou om my. …En die oggend kom helder oor die dou op die oop gras, rimpel die hemel liggies. Voor die laaste ligrooi skynsel, aan die […]
In somer en winter
ek was besig om jou ‘n brief te skryf waarin ek my stiltes tussen somer en winter, toe rooistofwolke die aarde gestroop het en winterkouebergwinde weer als verkluim het, wou verwoord, wou net met jou praat ek wou my verbeel ek sien jou weer met jou oë laggend en jou stem wat huppel toe jy […]
Jesus het my lewe verander
Deur al die leë nagte en leemtes binne jou vind jy Sy genade wanneer jou kop gehang jy struikel-kruip tot stilstand kom voor Jesus se voete wanneer jou afdraai paaie by ñ T-aansluiting kom en die stofpad agter jou jou in haal wanneer die trane se sout brand teen die verweer van jou hartkamers daar […]
melodie van lewe
lewe is ‘n lied waarvan jy woorde moet ken melodie kan jy dalk nog daarvoor opmaak sing vrolik – sing voluit – sing hartstogtelik lewe is ‘n lied waarvan jy woorde moet ken varieër toonhoogtes dat jy nie verveeld raak wanneer woorde opraak hou maar aan neurie lewe is ‘n lied waarvan jy woorde moet […]