
Jesus het my lewe verander
Deur al die leë nagte
en leemtes binne jou
vind jy Sy genade
wanneer jou kop gehang
jy struikel-kruip
tot stilstand kom
voor Jesus se voete
wanneer jou afdraai paaie
by ñ T-aansluiting kom
en die stofpad agter jou
jou in haal
wanneer die trane se sout
brand teen die verweer
van jou hartkamers
daar waar jy jouself
agtergelaat het
deur al die stukkend
wat ander by jou voorstoep
kom aflaai het
en jy dit vergeefs in jou huis
ingenooi het
soveel teer nagte
wanneer die niks slaap
en gesmeek
jou soekend laat
en hier waar jy verpletter
op die grond lê
hier waar jy uit die hoek
van jou oog
Sy groot hand voor jou
uitgesteek sien
jy weet –
jy is uiteindelik tuis
en die glimlag wat vaag
oor Sy gesig breek
breek die binnestes
van jou verlede
sonder moeite oop
en jou skouers
jou asem
jou verwagtinge
en al jou skaamtes smelt
en jy voel anders
terwyl Hy jou in Sy arms neem
en saggies met die sagste stem ooit
vir jou fluister
“jy is uiteindelik hier”
ñ ewige oomblik vasgevang
in die trane wat vryval
oor my wange
want ek het Liewe Jesus ontmoet
ek was waardig genoeg
om Hom te ontmoet
ek is waardig….
© 2018 C Holder
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Callie Vermeulen
Pragtig Chantelle... ek hou ook van jou foto daarby.