Keer op keer
Keer op keer
Silwer
Dankie Heer,
Al is ek soms ondankbaar,
Nog nooit het iets my ontbreek!
Keer op keer op keer
Bedien u my met u genade,
Anker u my aan u boesem,
Aanvaar u my met al my onvergenoegdheid.
Raak ek soms ondankbaar,
Haal ek my frustrasies op ander uit
En raak ek bang en moedeloos,
Is u altyd daar vir my!
Dankie dankie liewe Heer!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.