Liefdeslas (BRONS)
Een Korinthiërs dertien teen jou yskas as aanklag van die liefdeslas: teen jou selfkastydende standaard staan hul liefde wat in misbruik ontaard. Ek is bly jy is hier. Kom, ek skink jou nog ‘n bier. Ek glo ons sal die liefde en hoop kan verdrink voordat jy loop. Een Korinthiërs dertien wys wat vals is: […]
Wat koolslaai maak verraai (BRONS)
In opgekerfde lewens het ek dit byna misgekyk: vervlegd geskied ons jare en tussen blare bros en broos se plat en glad, se kronkeldiep het jy waterdou genesteld blink aan my blare vasgeklou. Tussen elke vou sién ek jou nou. ©ASvdM
Die reine waarheid
Hoe ons ooit sonder selfone hier aan die onderpunt van Afrika reggekom het, kan ek net nie meer onthou nie. En hoeveel kleiner nuanses van gesprekke ongemerk verbygeglip het, wil ek ook nie van weet nie, want sien, wat die ore nie hoor nie treur die hart nie oor nie. Maar wat is nou lekkerder […]
Oorwinnaar
verdedig vervorm in aanval wat die aanvaller verdediger maak. die swakste, die een wat verloor en die sterke ewe swak. was met gevoelensseep om die geur van self oorwinning te geniet.
ruk op
– ruk op gees van die see soos rookwolke oor die duine soos reënwolke oor die see verswelg die aarde in reën laat almal jou soet proe – ruk op blitse van die hemel steek heuwels aan die brand soos vuurspuwende berge verbrand ongeregtigheid laat hul die hitte proe – ruk op gees van waarheid […]
Hunkering
(Cantena Rondo) In laaste strale van die dag verrys ‘n skel geskree van ‘n tarentaal sag in die agtergrond vertel ‘n paddakoor hul verhaal in laaste strale van die dag verrys ‘n skel geskree van ‘n tarentaal kom sit hartsverlange sag in ‘n traan weef beelde van onthou onder wakende oog van maan verrys ‘n […]
Annus Horribilis
Annus Horribilis (Brons) grootoog gretig het ons jou ingewag oor twintig-twintig was ons verheug reeds vroeg in die jaar met kru krag het vrese stil-stil kom steel die vreug prentjie-mooi virus lyk heel fraai min het ons die omvang besef Corona het talle skielik kom afmaai gou het die tyding mense getref die wêreld soos […]