
Annus Horribilis
Annus Horribilis (Brons)
grootoog gretig het ons jou ingewag
oor twintig-twintig was ons verheug
reeds vroeg in die jaar met kru krag
het vrese stil-stil kom steel die vreug
prentjie-mooi virus lyk heel fraai
min het ons die omvang besef
Corona het talle skielik kom afmaai
gou het die tyding mense getref
die wêreld soos ons dit ken
was eensklaps aan die brand
deur maskers en vrese gewen
raak tog nie aan my hand
nog lank is die kring nie voltooi
die kosbare lewe bly nog mooi
©Marlene Erasmus
29/12/2020
* Annus Horribilis: Latynse frase wat beteken: “verskriklike jaar”
so dankbaar
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2020 – OOP-projek