poësie
‘n skerm wat flikker
en dan daardie bekende stem—
die afstand verdwyn
soos ‘n duif vlieg die woord
met vlerke vol verlange—
dit raak aan jou siel
‘n boodskap soos warm koffie
op ‘n vaal en winderige dag—
‘n skielike glimlag
jou lag bly ‘n lied
wat breek deur die stilte van nag—
heilsaam en sag
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.