Die draai in die pad
Die draai in die pad
My tien vingers tel my pad tot hier;
die vuur van gister sak nou tot as.
Ek vee die syfers uit die stof,
maar in my handpalm bly iets vas.
Ek verlaat die pad van enkelsyfers
en stap die oopte met huiwering in,
tot waar een en nul langs mekaar staan:
’n regop mens en wange vol wind.
Die môrewolk hang laag oor my;
ek tel weer een en stap dan aan.
©MarleneErasmus
23/10/2026
Môrewolk:
’n nuutskepping vir die onbekende wat oor ’n nuwe begin hang, met die moontlikheid van sowel voorspoed as teëspoed.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.