Vertikale tyd.
Vertikale tyd. Mens hoor dikwels mense kla dat tyd so vinnig verby gaan. Dan dink ek dat ek my tyd wil vat soos mens ’n lekker warm brood eet: stadig, met smaak en respek, amper met ’n gebed. Want vir my is daar oomblikke waar ek my tyd in heilige samesyn spandeer en ek noem […]
Kuiertyd
Kuiertyd Paastyd is altyd kuiertyd. Dis dan wanneer die kinders plaas toe kom en ons almal weer saam mens kan word. Wanneer die kinders, nou volwassenes, huis toe kom. Dis wanneer die kinders saamdrom op die werf en ons weer ’n gesin kan word wat mekaar in die oë kan kyk. Wanneer ons die wreedheid […]
kinderdae (goud)
kinderdae wanneer tyd gemeet word aan hanekraai en die eerste strale van ’n goudgeel son wat langsaam oor die veld gekruip kom wat lui swaai aan die nekke van kalwers, deur kraalmure en bakkie-tralies glip en langbeen sit in die skadu’s van witgatte dis kaalvoetspore teen rooi duine, duwweltjies en koffie en boerbeskuit en die […]
hoe die skadu’s val (Goud)
ek wil laat-aand notas maak oor die tydloosheid wat kleef aan elke verbygaande generasie ek wil teruggaan in tyd en eenbeentjie speel tussen die vervaagde lyne van toe-en-nou-en-vergeet-en-onthou ek wil nooit ophou wonder oor die ritme van tyd nie dít behoort g’n gemeet te word met die tik van wysters nie maar met […]
Die windpomp se draai.
Die Windpomp se draai. Nie ’n blaartjie roer nie, nie vanaand nie. Die Namibiese wind wat altyd so opgewonde is om te jaag oor duine en dakke, het reeds gaan lê. Die skemer hang roerloos oor die vlakte. Maar sy, Elna, staan nog in die erf van haar kinderdae, hand teen die geroeste yster van […]
Brief aan Liewe ek.
Liefde. Ek weet nie so lekker nie. Dis mos daardie seerkry ding. Die ding wat jou laat sing. Jy wil dans en lag en huil en jy vang soms dom dinge aan. Maar dis ook goed en nodig. Maar wat van die verbode liefde. Die een wat ons almal behoort te hê, maar ma […]
‘n Ode aan ‘n vrou
ʼn Ode aan ʼn vrou Haar figuur was benerig skraal. Die baadjie, wat seker nog die vorige winter, perfek gepas het, het nou losserig om haar gevou. Dit het so baie goed verklap… Haar eetlus was minder, dalk haar lewenslus ook? Die hare was nie meer inkswart soos toeka nie. Dit was nou ʼn bleekwit […]
Stoepsit-liasering – (Silwer)
Stoepsit-liasering – (Silwer) Ek sit aan die somerkant van my winterhuis op die stoep. My gedagtes kabbel en klots, soos die Bergrivier hier voor my. Gedagtes aan gesprekke, take en nuusberigte wissel mekaar aanvanklik lukraak af. Soos wat die stroom verder af rustiger vloei, kom lê die wete gerusstellend ook in my: “Daar is […]
tanende tempo van tyd – (Silwer)
tanende tempo van tyd – (Silwer) wanneer die tempo van tyd afneem by die stilstaan van jou fotoraam herinneringe tydloos talm en ‘n glimlag luiweg sy plek kleim in die koördinate van vergange jare… verlustig ek my in ons wanneer die tempo van tyd afneem fluister ek steeds jou naam kwyn verlange en […]