Ruis bly huis
Tuis bly huis
Vroeë môre tot saans laat,
dra die boer die son en maan
soos ’n horlosie in sy sak.
Die dorp hou skou,
alles wat leef is daar.
Soggens steeds nog vroeg,
voor die haan behoorlik kon kraai,
tot laat die aand wanneer natuur al slaap,
gaan die boer hande vat met die gemeenskap.
Stemme raas,
kinders baljaar,
gesprekke oor bek en klou
lê in almal se mond.
Skielik is alles verby,
die stilte raas weer
soos die boer dit ken.
Al was die gesels met ander
goeie medesyne,
vir die boer wat doer in stilte leef,
bly tuis maar net elke boer se huis.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.