Jongste aktiwiteit:

Vensters

Vensters

 

Gordyne toe,

geen teken van ’n stukkie son.

 

Elkeen loer deur die gordyn

vir die een daar buite.

Onbekende siel

wat kom bedel

vir ’n stukkie van wie ons is.

 

Elkeen agter ons gordyn

van gister se seer,

die vrees vir ander se kloue

in die hart.

 

Sou die gordyn moes val,

breek die glas van vrees,

tog bly die venster toe

en die vreemde bly voor die deur.

 

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed