#Hutsteken-waan
dit lok jou onwetend in…
die: wye–web-waan
los jou ewig hunkerend (leeg)
altyd onvoltooid
#status #tweet #filters
waarheid…
of illusies van rooskleurige lewens
wat jou vasnael in verslawing aan
‘n gejaag na (ontasbare – voorgee) beelde
#swipe #like #comment
ek wil jou oë sien
jou reuk inasem
die lyne van jou bewegings volg
die hitte voel van die bloed wat deur jou are pols onder jou vel
jou stem se intonasies hoor
nuanse van Lewe – beleef
#share #truth #update
hier staan ‘n (mens)
voor jou
sien (my)
#ek
#vlees en
#bloed
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Ongelooflike mooi gedig.... Baie welkom op INK, ek sien uit daarna om sommer nog baie van jou werk te kan lees!