Richtersveld
Ek skryf vir jou
‘n vers vanaand
omdat dit reën
in die woestyn
‘n vers
sonder onnodige woorde
kommas of punte
sonder verklarings
fênsieloos en klipperig
‘n handvol woorde
oor ‘n anderse omgee hart
gestroop van geite
wat wortels laat klippe breek
jou blare ongenaakbaar skroei
‘n vêr kyk
soos halfmense wat eeue
na sterbelaaide nagte reik
oeroue rots gebede
vasgewaai in vergetelheid
‘n weer vertel
oor die wydheid van genade
en die prys om te bestaan
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.