aweregse liefde (Silwer)
eens was ek vir jou dié een skielik is ek Vyand Nommer Een tog laat jy my nie gaan jy misken my nonchalant en ongeveins jou eens liefdevolle oë kyk nou kil, stoïsyns tog breek jy nie weg indien jy my eendag dalk sak en pak verlaat sal jy sekerlik verklaar “ek het jou liefgehaat”
Kleinkindliefde
Kleinkindliefde Jy ken my nie tog het jy my so lief Jy ken my nie tog is ek jou hartedief Onvoorwaardelik vou armpies om my Onverdienstelik met woordjies gevlei Net soos ek is in plooie getooi Het jy my binne-in jou hartjie genooi Ek vermoed die Boek van Liefde het dit so bedoel dat liefde […]
hemelreen
Hemelreën (Sonette) As die hemel liefde kon reën sou ek opgaardamme bou liefde daarin hou gebroke harte daarmee seën As die hemel jόύ liefde kon reen sou ek die son daarop laat skyn saam met jou verdwyn jou vir ‘n wolk-oomblik leen Ek sal reenboë verf met ons liefdespallet en saam met jou rondswerf Ek […]
Hes Hakkel en die Hanepoot Februarie projek Silwer 358 woorde
Dit was haar liefde vir die bottel wat haar lewe gekos het. Ou tant Mart het altyd na ou Hes hakkel as ‘die tannie met die druiwekorrelmond’ verwys. Hes was baie lief vir haar Hanepoot Muskadel. Daar het maar altyd ’n botteltjie iewers rondgestaan. Dit was ‘n anderse soort liefde daardie. Hes kon nie ’n […]
Gorrel oor liefde
Voorreg om te gorrel oor liefde. Meningsfeit is dat liefde deur lewens ervaring en omstandighede verskillend deur mense ervaar word en gewys word. Voorbeeld is valentynsdag. Getroude paartjie vir baie jare se valentynsdag verskil baie van die onlangse getroude paartjie voor die kansel in die kerk. Saam met voorspoed en tee”spoed het getroude paartjies elkeen […]
Nooit te laat vir liefde
Nooit is dit te laat vir liefde wonder sy terwyl uitkyk in natuur hoe lank nog sal ek moet wag liefde te brand in my soos vuur God weet ek is te alleen met wie kan ek saam lag man wat ek op kan steen voort leef vir elke dag Sal ek op verkeerde plek […]
Waterfors SA
#waterfors Hoor jy die magtige dreuning Wat hard storm, ree”n aankondig Dankbaar vir uitkoms in mening Riviere begin praat en weer mondig Waterfors met sy volle mag Reen gee krag wat voort beweeg Strate word nou riviere Stroompies glad nie meer leeg Dankbaar staan boer op sy plaas prediker bel v dankbaarheid diens Plakkerskamp sinkdake […]
Die resep vir ware geluk (Silwer – 694 woorde)
Dit het my ‘n leeftyd se ervaring, wroeging en kopstamp geneem om uiteindelik tot die besef te kom dat liefde nie ‘n vra-opsie is nie, maar ‘n gee-opsie. “Die lewe skuld jou niks,” het my wyse ouma telkens gesê wanneer ek op haar skouer huil oor ánder se “onregverdige” optrede teenoor my. Toe het ek […]
In eenvoud skuil opregtheid (Silwer 576 woorde)
Liefde is ‘n kontroversiële saak met baie uiteenlopende verklarings waaroor daar al vir baie jare bespiegel en oor geskryf word. Dat dit ‘n spesiale gevoel is waarvan jy in jou binneste bewus word, is ‘n voldonge feit, maar wat gee aanleiding tot daardie gevoel? Is dit toegeneentheid of bewondering? Dalk ‘n weerspieëling van jouself wat […]