Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Driekie se profiel

  • Ek gee vir jou ‘n pot
    om vol lenteblomme te stop:
    gulhartig van kleur,
    welriekend van geur.

    Ek nooi jou saam
    op ‘n wentelbaan
    van oorvloedige geluk
    in ’n liefdestuin gepluk.

    Ek wys jou gul
    die vreug[…]

  • “Dis heerlike lente, die winter’s verby” bruis die woorde van die ou kinderliedjie ritmies deur my stram wese. Daar’s behoorlik ‘n huppel in my stap (al is dit net in my gedagtes) want gedurende die afgelope[…]

  • Vonnie en Profiel foto van DriekieDriekie is nou vriende 5 dae, 18 ure gelede

  • hier waar ek in koel lentelug luier
    dwaal my oë oor spatsels groen wat guitig loot
    verstar my blik opeens teen skeloranje
    wat aan blaarlose takke bot

    soos opgepofte verevingers
    sprei dit uitlokkend[…]

  • Diep ingedagte trap ek knarsend oor die bros blaretapyt wat wissel van geel, bruin tot oranje. My oë rustend op talle boomreuse wat kaalgestroop hul takke liggies wieg in die wind. My hart se verlang vind aanklank[…]

  • vanaand pluk die wind
    ongenadig aan my sielswand
    stroop ‘n laaste brosblaar
    uit my teer gemoed
    bemantel tekens misgekyk
    voor die laaste blaar se val
    laat my kaalgestroop hink
    voor ‘n nuwe seisoen wat win[…]

  • Met laaste groet …

    was winter reeds in jou oë
    bar en gestroop in afwagting
    met slegs laaste herfsblare
    as afskaduwing van wat vroeër was
    bros en uitgedroog, geërodeer deur erosie
    wanhopig gelym aan brok[…]

  • “As ek moeg word vir die lewe se gewoel …”
    Soms het mens nodig om bietjie weg te breek. Om weer stil te kan word en die eenvoud en ongekunsteldheid van die barre natuur te voel en te beleef. Geen boom kan vir e[…]

  • Ons elkeen skoei ons lewe volgens ons eie keuses en gemak.
    Sommige van ons probeer die hoogste sport in ons beroep bereik. Ontsien geen moeite om soveel moontlik te leer, soveel moontlik tyd te bestee, en alles[…]

  • Die onsekerheid in vele oë
    vind aanklank in menige stem
    wat wanhopig skree
    teen hierdie stryd se rem

    nooit het ons kon dink
    óf ons lewe daarvolgens beplan
    dat hierdie lot ons sou vind
    ‘n weemoedsnet om ons[…]

  • My lewensbootjie het bly stroomaf vaar, al probeer ek my lewe lank juis om stroomop te swem. Met die jare het ek rustiger geraak, die spane verloor waarmee ek my moeg roei om kop bo water te probeer hou. Saam met[…]

  • ‘Waar ‘n rokie trek, brand ‘n vuurtjie,’ het ek as ma ‘letterlik’ sommer vroeg geleer. Terwyl ek my kroos kan hoor lag en stry, was alles veilig en oukei. Ek kon maar net gaan keer voordat hulle mekaar ernstig bes[…]

  • Trados en Profiel foto van DriekieDriekie is nou vriende 3 maande gelede

  • IronLady en Profiel foto van DriekieDriekie is nou vriende 3 maande gelede

  • Matteus 10:26 “ . . . Daar is niks bedek wat nie openbaar gemaak sal word nie, en niks geheim wat nie bekend sal word nie.”
    Hierdie skrif maan ons om opreg en deursigtig te leef, om daagliks só op te tree dat ons[…]

  • Driekie wrote a new post, My erfenis 3 maande gelede

    “Familie is soos takke aan ‘n boom, almal groei in verskillende rigtings, maar ons wortels bly as een.” Hierdie gepaste gesegde het my oog gevang toe ek op oom Google se inligtingsplasie gaan rondkuier.
    Daar word[…]

  • Ag my waardig om saam
    die gevegsfront te betree
    luid standpunt in te neem
    bewapen met helder denk
    en vlymskerp benadering;
    om onkruidakkers om te spit
    met fyn ingestelde visier
    weer ontvanklik te maak vir[…]

  • Lewensvreugde kan gekoppel word aan baie dinge in die lewe – soos daardie eerste aromatiese koppie koffie in die oggend; daardie smelt-op-die-tong sjokolade wat jy op spesiale dae kry; daardie onverwagse drukkie v[…]

  • Die winter het hom toe heerlik kom tuismaak hier in ons midde. Twee dae gelede kon ons nog baadjieloos buite rondloop bedags. Maar van gister af gryp ons na ‘n warm jas en lê styf lepel snags.
    So stoei ek en ma[…]

  • Laai meer