Lewensfilosofie
Tik … tok … tik … tok …
draai die aarde om sy wentelbaan; non-stop
die een jaar vloei in die ander
brander na brander
terwyl ons leef en streef
roof en kloof
besin en beding
onbewus van waar die einde is
of waar die ware begin
©Driekie Grobler (2023)
2 Kommentare
-
BartieAnneMarie
Pragtig Driekie!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Januarie 2024 - OOP projek