Jongste aktiwiteit:

‘n Wolf in skaapsgewaad

Woorde vs werke – ‘n Wolf in skaapsgewaad

Jy met die Bybel onder jou arm
maar met inhaligheid in jou beursie
voor die kaggel sit jy warm
maar vir stink armoede lig jy jou pikante neusie.

Jy spreek van geduld en omgee
maar gun die gewone man nie sy plek
voor mense wandel jy heilige weë
maar jou lewe is met smaad en hoogmoed gevlek.

Jy gee jou tyd en geld
maar gooi modder op die wat bedel
binne die kerk se deure is jy die held
maar die arm man op straat is vir jou ‘n brandnetel.

Jy het alles wat jou hart begeer
maar verwens die snotneus seuntjie op die hoek
moet tog net nie die skapies probeer leer
jy is die wolf in skaapsgewaad wat geen mens in sy lewe soek.

C Diederiks ©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed