Petrichor geliefde, gehate reuk van reën – (Silwer)
Die wolke toon belofte. Ek maak my oë toe en asem die reuk van hemel op aarde behaaglik in. Dit kom nestel in alle holtes, verslawend, die reuk van reën. Die geplof van die eerste druppels op die omgeploegde land polka in my hart. Dit voer my terug na my finale jaar op universiteit… “Bokka, […]
karookind sal ek bly – (Silwer)
tussen aand- en waterblommetjies koringlande en angorabokke lê my voetspore en eggo my lag gekoester deur die Outeniqua en Swartberg vertroetel in Hottomskloof geloof geanker in die klinkklare tablo Van noem-noem, klapperbos en kambro wat onwrikbaar swyend getuig van opregtheid en deursettingsvermoë vir ewig gewortel in die Klein Karoo © Retha van Deventer, 31 […]
ek mis myself – (Silwer)
wanneer die volmaan boggelrug oor die berge loer en ek geheime gesprekke met ver winkende sterre voer kom lê daar ‘n hunkering na ongekarteerde koőrdinate in my hart wanneer ragfyn grassade in die wind warrel smag ek na die ongebondenheid daarvan vry van voorskrifte vry van voorgee een met die natuur se weë waar rang […]
dubbelganger
op jou pad waar die son dof skyn anderkant die sonstrale lê die Lig duidelik verligte beskermde brug draf knegte met houers vol wyn deur die mis van jou aardse gesus voel jy dat jy swaar dra aan jou las omdat jy nog alles pak in jou eie tas voel jou dwase […]
soek-na
oor my duin sak die Somerson rustig – of – dalk so met elke goue oggend kekkel die kolganse luid verkondig hul eie gebied merk hul klankgrense van withuis-muur tot geplaveide straathoek trek hul roep en: ek soek soek na iets wat mooi is positief is nog waar en rein is elke vibrasie […]
oggendstond
soos rivier van goud strek sonstrale vanuit die verre oosterkim versprei dit oor die see oor mense-weë oor skeepsroetes heen silwer kartels van die wind speel in diep-blou golwe reën meeue kartets en skeer oor die bonsende bruisende see ritmies kom sy asem op en af, heen en weer alles op my duin vomeer […]
phil – etairos
skouspelagtig is jou huis gemeensaamheid is julle roep saam maak julle musiek van saamwees saamstaan en saamleef is elke dag jul lees soek iemand na julle, kyk hy net in die Noord-Kaap waar jul samelewing ineengeskakel en aaneen teen telefoonpale, lamppale en bosse pryk die lied wat julle wewervoëls sing is een van […]
Oumaland(Met so skeutjie fantasie) 409 Woorde (Goud)
Daar is ‘n plek…’n land, waar al die ongebore kindertjies woon. In hierdie land is daar net laggies en liefde, dimpels en rosige wangetjies. Hier heers harmonie, vrede en bowenal vreugde en veiligheid. Hierdie plek se naam is Oumaland. Wanneer ‘n baba uit Oumaland geroep word om in die lewe gebore te word, begin daardie […]
Die Losieshuis
“Antie Bets van die losieshuis”, is wat almal in die dorp haar genoem het. Die mense het haar so in haar middel veertigs geskat, want die bolla op haar kop het al hier en daar grys lyne gewys. Sy het saggeaard voorgekom, maar jy sou gou agterkom sy is nie jou speelmaatjie nie! Sy is […]