Tuissitter (Brons)
Terwyl ek agter geslote deure sit en 21 dae die grendeltyd toedrentel word die bloei van ons jare weggeruk maar soos my silte nat trane op geribte bladsye sputter snoer reën my mond met klaviernote op my blaredak want sy’t simpatie vir die verlies van ñ tuissitter en laat my hart se juigtoon tierelier in […]
droë gebede
in grootste droogte in mense heugenis klink daar duisende stemme hemelwaarts “vader” gee reën asseblief gebede wat hemelwaarts klief deur dorre blou skoon hemelruim dan kom daar ‘n wolkie so groot soos ‘n man se hand aangeseil dit bring stort reën en hael dit maak riviere uitbars en damme oorloop dan klink daar net ‘n […]
waardering
die mooi in mooi is altyd aanvegbaar minstens kreukbaar begin punt vir argument mooi kom tog deur die oog van die waardeerder alleen vir baie min beteken mooi dieselfde as vir die ander waardering vir mooi is dalk ‘n beter segswyse ©Teárlach
natuur frats
in koeler weer rus my duin saggies onder sif-reën sak dit vas maak lagie klam sand wat net spoortjies van druppels wys die lug voel skoon met miljoene druppels wat rond dobber op pad grond toe in ligte bries seevoëls klink hees en sit en bibber op strand vaal verdroogde oë loer skelm agter blinders […]
‘n Muurskildery vir ‘n skoenlapper (silwer)
In die molekules van my woon klein stukkies van jou vêr vanuit my agterste serebellum tot voor die kleinste skulp wat jou branders maal; ‘n geelkelkblom vir jou grendelson en as dagbreuk kom soetgeperste nektar vir jou geelkelkblom, stik my in die stukkies van jou stik my sodat jy kan onthou, en waar ek jou […]
VAN SATYNLAKENS TOT TEERSTRATE
Marion Holm lees voor uit: Van Satynlakens tot Teerstrate. Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie; en mag ‘n Sho’t Leftengeltjie vandag spesiaal vir jou ‘n deuntjie ‘n goudgeel magrietjie in jou hart se knoopsgat druk. https://www.dropbox.com/s/vr8u5ldq9rjleqs/Satynlakens%20%2896%20kbps%2044000Hz%20Slightly%20Downsampled%29.mp3?dl=0 ©Liza Daniells
onderkant die eerste ster
my duin lê vir baie onderkant die eerste ster vir ander dalk anderkant verste ster in woestyn van woord soldate en skrywers se skeppings verdwyn gedigte dikwels eenvoudig soos mis voor oggend son waarnemings vorm gedagtes gedagtes verander in gedigte gedigte gaan skuil in eensame omgewing van ooraanbod van multi-media se kakofonie ©Teárlach
Belletrie (Brons)
Toe die son se epiese uittog oor berge die kruinroete tot ñ sekere hoogte geel verglans het liefdeslettere ñ tere snaar in my hart geroer want my fleksiel want geslote is met grendel en slot bid deernisverse na God en soos Hy my woorde in sy oor knoop koester my hart weer hoop. ©Zebulon Kochk […]
voor seisoen
stil staan die beeste en herkou op hul tydelike vloer van geel voer versprei oor die sand met sorgelose hand in die hoek van die grote veld kamp staan die wolskape vasgedruk teen mekaar om hulself te beskerm teen die strale van die son naby die water krip staan hulle asof uit een stuk op […]
laat oes
met die eerste tekens van die komende winter dwarrel daar nog ‘n laaste klompie blare oor my duin te min om strand te bereik net genoeg om ‘n teken van komende koue te wys in rype ouderdom begin mense soms eers om hul ware kleurvolle blomme aan almal om hul te vertoon die wat vroeg […]