voor seisoen
stil staan die beeste en herkou
op hul tydelike vloer van geel voer
versprei oor die sand met sorgelose hand
in die hoek van die grote veld kamp
staan die wolskape vasgedruk teen mekaar
om hulself te beskerm teen die strale van die son
naby die water krip staan hulle asof uit een stuk
op die warm teerpad sit twee kraaie en pik
na iets wat onder wiele vergruis sy lewe lê en uitbloei
wyd strek die sand veld van wes na oos
van suid na noord waai die wind sy herfs oes
hier en daar ‘n stofstreep slaan op waar ‘n wakker boer
sy eerste lande begin voorberei vir die eerste reën
ver na die noorde ruis die geluid van golwe
wat mens en dier soms dors maak
maar vergeefs hul dors les
misbanke vertel van
vog wat aankom
wat juis dit
gaan doen
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.