Jongste aktiwiteit:

Die bosveld ligtoring

Die Bosveld-ligtoring

 

Op hierdie ou lewe se paaie het ek geloop, gedwaal en ook verdwaal.

 

Daar was ’n tyd wat ek geglo het die see en sy meeue sal my vir altyd omvou.

 

Daar was die keer toe ek geglo het die rooi Kalahari-duine het my waardeer.

 

My kompas in die mens het gebreek, my anker het losgebreek uit die wêreld se sandbank.

 

Toe al die paaie om my verdwyn en die Bosveld om my groei, kom staan ek voor jou … die Bosveld-ligtoring.

 

Ander noem jou maar net ’n windpomp, maar by jou het ek geleer om vas te staan en net te glo. Die kompas van my Heer te volg en geanker te bly in net geloof.

 

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed