
My Skat (Brons)
My skat
My liefde vir jou
lê kaal,
ek bely dit op skrif
`n laaste maal.
Blonde hare, blou oë sag,
lê my hart vir jou en wag.
Opgewonde sleepvoet swaar,
deur blareharp se snaar.
Hande sweetend omvou,
blywend bly ek wag.
Hart se kamers lê in wee
winde van moed draai binne my.
Die son, maan en ster,
wink hul vrolike sy.
My hart is hier,
ek’t dit vir jou gestuur,
hou dit vas en weet dit nou,
ek deel met niemand gou.
Ek is altyd lief,
met `n ewige harts-vuur.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2021 – Liefdes-projek