Die rooi rok
Die Rooi Rok Dis bykans ‘n jaar nadat Lianda van Ettiene moes afskeid neem na hy sy stryd teen kanker verloor het. Haar vriendinne sleep haar orals saam met hulle, maar sy neem net so halfhartig deel aan al die pret. Dit is vandag haar verjaarsdag en haar vriendinne dring daarop aan dat hulle die […]
Henco se geheim
Henco se geheim Madelein gaan sit styf teen haar pa. “Pa … Pappa,” begin sy, maar hou dan op met praat. Sy snik saggies. Hannes hou haar teer vas en troos so goed as wat hy kan. Sedert Reinette oorlede is, het hy en Madelein ‘n hegte band gevorm. “Praat maar, Ounooi. Wat is fout, […]
Nuwe horison
Nuwe horison Mathilda, ‘n streng matriarg, kyk hoogmoedig na haar beeld in die spieël om te sien of haar bolla reg is. Elke grys haartjie is op sy plek. Haar gedagtes huiwer by haar jongmeisie-jare toe sy fiets en fyn was. Sy was ‘the belle of the ball’, altyd volgens die nuutste mode geklee. ‘n […]
dagboekfrustrasie – (Silwer)
Dagboekfrustrasie – (Silwer) hoe gereeld moet my linkerhand die middellyn kruis teen balans indruis om my dagboek oop te vou ‘n poging om gebeure vandag kristalhelder neer te pen toevertrou aan immer hulpvaardige hotklou gedagtes genadeloos versluier deur die slepende spore van inksmeersels van links na regs verewig om gisters vlekkeloos […]
sleutelbord-konsternasie – (Silwer)
sLeuteLbord-konsternasie ti – ke – tie – tak sLeuteLs kLap o n r eëLm a t i g pLoeterende pLig hande oorkruis makLik kwansuis frustrasie druis wanneer 1 2 3 4 5 vrede v e r d r y f spertyd wreed kyf verkeerde […]
Jannie se avontuur-vakansie
Ben se avontuur-vakansie Jannie, ‘n woelige plaasjapie, en Ben is kamermaats in die koshuis. Jannie het Ben genooi om die skoolvakansie saam met hom op die plaas deur te bring. Hy het sommer baie planne! Ben se mond hang oop ten aanskoue van al die verskillende soort diere. Elkeen in hulle eie kamp waar hulle […]
Die kasteel se geheim
Die kasteel se geheim Faan se volla trek swaar teen die opdraande uit. Afdraand gaan dit makliker, maar dan moet hy rem trap vir die vale. Die volla is so volgepak, ek sit amper met my neus teenaan die voorruit. My asem maak mistige kolle teen die ruit en elke keer as Faan rem trap […]
alledaags
uit my slaapboks met oop oë sit ek en tuur oor spieëlgladde see branders het gaan rus vir nou kleinste sagte klots klanke verraai veel groter krag oor my duin se rand skuif daar een bollerige dier tuur saam met my met sy dowe oë oor hierdie seënvolle stil oggend saam verlustig in […]
Gesteelde identiteit
Gesteelde identiteit Malan, skraal, maar seningtaai, trek oudergewoonte met sy vingers deur sy rooi hare in ‘n poging om dit plat te vee. Nie dat dit veel help nie, want met drie kroontjies op sy kop staan sy hare altoos wild. Hy kyk peinsend na die man voor hom. In die twintig jaar as privaatspeurder […]
Sannie se stryd (Goud)
Sannie se stryd Sannie Swanepoel van die Strand kan alles doen met haar linkerhand; sy sny perfekte snye brood kan die AGA met een hand stook en wag tot jy sien hoe kap sy ’n ui! geen mes het al ooit uit háár hand gegly selfs met ’n skilderkwas is sy flink – sy verf […]