sleutelbord-konsternasie – (Silwer)
sLeuteLbord-konsternasie
ti – ke – tie – tak
sLeuteLs kLap
o n r eëLm a t i g
pLoeterende pLig
hande oorkruis
makLik kwansuis
frustrasie druis
wanneer 1 2 3 4 5
vrede v e r d r y f
spertyd wreed kyf
verkeerde kant
van’ie sLim hand
geduLd verpand
o , gee my tog ‘n LinkerhandsLeuteLbord
met syfers knus in die Linkerkantse hoek
stapeLs werk saL’k verorber soos soetkoek
aLtoos ster-van-die-jaar-werknemer word
© Retha van Deventer, 25 Augustus 2025.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Augustus 2025 - Linkshandige projek