Trogvreters
Wanneer jy die as word van ander se dwaas vuur spoegende seer woorde waai die wind jou rond en smoor jou wyse mond van gewraakte antwoorde dit beskerm jou hart teen vreemdes se swart sinne vol skel wurgkoorde sonder ‘n gesig weerhou hulle die Lig van jou donker self moorde sluit jou luister gang vir […]
Epikuris: Die kuns van plesier en balans.
Epikuris: Die kuns van plesier en balans. Is dit verkeerd om plesier bo alles te waardeer? In ’n wêreld waar prestasie en produktiwiteit dikwels as die hoogste doel beskou word, is dit ’n vraag wat my gereeld laat nadink. Ek onthou ’n eenvoudige, maar betekenisvolle oomblik – ’n ete waar elke happie soos ’n stukkie […]
Oorlog (Goud)
Oorlog(Italiaanse sonnet) Eens ‘n blote atlasland met weer en wind, waar siele nog in saligheid verkeer. So sonder innerbang en sonder seer, waar vrede nog ‘n middelpunt kon vind. Die skemers was met mosterdgeel getint; die lewe was met liefde ingekleur, waar kinders nog van mooimaakdinge leer en glo nog met genade kon verbind. […]
Droomvanger (SILWER)
Droomvanger ‘n Droomvanger hang, in die stil naglig, so dromerig soos wind se fluistering, deur maanstof vasgevang, ’n buitekring, met krale en vere, ’n mooi gedig. In donker hang hy daar, ’n skadu sig, sy sirkel van hoop, wat deur probleem dring, drome hang soos visse in stille kring, beskerm teen nagmerries, klaar opgerig. Wanneer […]
Tjienkerintjee (SILWER)
Tjienkerintjee In tjienkerintjiese klank lê vreugde stil, So speels en lig soos wind wat blare dra, ‘n Flikkerende woord wat my laat lag of kla, Met elke tongval wil dit my laat ril! Dis meer as klank, dit is ‘n darteldans soos voëls wat vlugtig oor die seesand gly, dit dra die kindwees in die […]
gis oor nis
epiek, komedie of tragedie kom verse uit die klip van my drome en gedagtes word dit verpak in nis van bundels waar nog gegis word oor aanbieding van skoonheid, verhewendheid van jambes, trogee, daktilus, anapes en spondee of dit transendeer in gevoel of gewete of jou poësie, jou narratief, jou denkprosesse jou toelaat om […]
stofpad – (Brons)
stofpad – (Brons) ek wil sito-sito stofpadslenter tot dwarrelverlang in en om my wyk waar klapperbos’n aalwyn hemelwaarts reik passievol pedanterie stil kenter op bokspoorpaadjies doelgerig flenter waar botterblom en vygie volkleur pryk kopkonflik kwyn en tyd vredig aanstryk word kosmosdenker intelligenter sodat ek innerlike vrede vind waar sonsondergange my siel omvou sterre […]
kringsmart – (Brons)
kringsmart – (Brons) met skugter oë pleit geboë lyf terwyl manslyf meedoënloos ruk plesier in cul-de-sac vir hom geluk en krete splete haar onthou invryf ’n vleeslik’ pendulum deur lis gedryf verguis verkrag geluk in slik gedruk en lewe in swye dra sy die juk van jare rein beskore … al was’t slegs vyf […]
genade (Goud)
elke dag se genade lê geskoot tussen daeraad en skem’ring dit loop oor in die nag se omarming draal heilig en van pretensie ontbloot die wonder daarvan is té groot om te begryp of te besing dit bring ned’rige verwondering dit is vryspraak van sieledood tydlose seisoene tree klokslag aan om die ritme van […]
September 2024 – OOP projek – Kommentaar en uitslae
Baie geluk aan hierdie 11 lede! WENNERS GEDIGTE BRONS: 1ste -NO. 26 Ricco met Ek wens jou nader 2de -NO.24 Ricco met Twee pole 3de -NO.36 Cobus Kruger met Monochroom SILWER: 1ste -NO. 35 Hester Steenkamp met Vir altyd 2de -NO. 34 Hester Steenkamp met Lentekleure 3de -NO. 39 Cornien Naude met Gitsroep na […]