Trogvreters
Wanneer jy die as
word van ander se dwaas
vuur spoegende seer woorde
waai die wind jou rond
en smoor jou wyse mond
van gewraakte antwoorde
dit beskerm jou hart
teen vreemdes se swart
sinne vol skel wurgkoorde
sonder ‘n gesig
weerhou hulle die Lig
van jou donker self moorde
sluit jou luister gang
vir die wêreld se sang
en vind God se stil boorde
© Elize Awona Pucillo
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.