Oorlog (Goud)
Oorlog(Italiaanse sonnet)
Eens ‘n blote atlasland met weer en wind,
waar siele nog in saligheid verkeer.
So sonder innerbang en sonder seer,
waar vrede nog ‘n middelpunt kon vind.
Die skemers was met mosterdgeel getint;
die lewe was met liefde ingekleur,
waar kinders nog van mooimaakdinge leer
en glo nog met genade kon verbind.
Nou brand die hemel vlammend teen sy blou.
‘n Duiwel hou die septer in sy hand,
voor ‘n ster wat in plofesia verskiet.
Die son het deur die bommevlas verflou.
‘n Weeskind moes sy tweede pa verpand;
… ‘n oorlog het die sela kom ontlied.
Andries Fourie
30.10.2024
Neologismes:
Plofesia – ‘n Horison van ontploffings.
Bommevlas – Skrapnel.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Oktober 2024 – Afrikaanse woord projek