Jongste aktiwiteit:

ProjekteOktober 2024 – Afrikaanse woord projek

Beste INKers

Hierdie maand, soos ek elders genoem het, gaan ons die skroewe omtrent styf draai. Die projek is uitdagend, maar ek vertrou dat elke lid van INK die vermoë het om hiervan óók ‘n sukses te maak.
Die onderwerp of tema is: Gebruik jou gunsteling Afrikaanse woord as tema. Let noukeurig op die genre-spesifieke voorskrifte hieronder.

GEDIGTE:
1. Die Afrikaanse woord wat jy as tema gebruik MOET óók jou titel wees;
2. Die versvorm is `n Italiaanse Sonnet;
3. Jy moet stréng by die reëls van hierdie vorm hou. Selfs die kleinste fout sal jou diskwalifiseer. Jou vers sal in so geval NIE geëvalueer word nie.
4. Jy MOET een neologisme skep en dit in `n voetnota aan jou vers heg.
5. Die titel en die inhoud moet streng inverband met mekaar staan.

MENINGS:
1. Die Afrikaanse woord wat jy as tema gebruik MOET óók jou titel wees;
2. Die woordtelling mag nie minder as 800 woorde wees nie;
3. Dui jou woordtelling in hakies langs jou titel aan;
4. Beoordeling gaan baie streng wees en enige spelfoute sal jou dadelik diskwalifiseer.

RUBRIEKE:
1. Die Afrikaanse woord wat jy as tema gebruik MOET óók jou titel wees;
2. Die woordtelling mag nie minder as 1200 woorde wees nie.
3. Dui jou woordtelling in hakies langs die titel aan;
4. Beoordeling gaan baie streng wees. Spelfoute sal nie geduld word nie.

ARTIKELS:
1. Soos in die ander genres, is jou opdrag ook slegs een woord, wat ook as titel gebruik moet word. In hierdie afdeling mag jy egter afwyk van slegs `n Afrikaanse woord, maar mag jy wyer kyk en gebeurtenisse, plekname ensovoorts ook by oorweging insluit;
2. Die woordtelling mag nie minder as 1200 woorde wees nie.
3. Dui asseblief jou woordtelling in hakies langs jou titel aan;
4. Beoordeling gaan genre-spesifiek en baie streng wees.

VERHALE:
1. Gebruik `n enkele woord, uit welke woordsoort en skep `n misdaad-verhaal;
2. Woordtelling mag nie minder as 3000 woorde wees nie;
3. Die maksimum karakters in jou verhaal moet vyf wees (jy mag egter minder gebruik);
4. Beoordeling gaan baie streng wees;
5. Dui jou woordtelling in hakies langs jou titel aan.

Innoverende mense skryf in Afrikaans.

Lekker skryf.
Projekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE ’N GEDIG IS NIE. LET OOK ASB DAAROP OM JOU NAAM ONDER AAN JOU PLASING TE SIT ASB.

Epikuris: Die kuns van plesier en balans. Is dit verkeerd om plesier bo alles te waardeer? In ’n wêreld waar prestasie en produktiwiteit dikwels as die hoogste doel beskou word, is dit ’n vraag wat my gereeld laat nadink. Ek onthou ’n eenvoudige, maar betekenisvolle oomblik – ’n ete waar elke happie soos ’n stukkie […]

stofpad – (Brons)   ek wil sito-sito stofpadslenter tot dwarrelverlang in en om my wyk waar klapperbos’n aalwyn hemelwaarts reik passievol pedanterie stil kenter op bokspoorpaadjies doelgerig flenter waar botterblom en vygie volkleur pryk kopkonflik kwyn en tyd vredig aanstryk word kosmosdenker intelligenter   sodat ek innerlike vrede vind waar sonsondergange my siel omvou sterre […]

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Rika Gerryts het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Rosalee het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • HENN het ‘n nuwe publikasie gemaak