Jongste aktiwiteit:

Tjienkerintjee (SILWER)

Tjienkerintjee

In tjienkerintjiese klank lê vreugde stil,
So speels en lig soos wind wat blare dra,
‘n Flikkerende woord wat my laat lag of kla,
Met elke tongval wil dit my laat ril!

Dis meer as klank, dit is ‘n darteldans
soos voëls wat vlugtig oor die seesand gly,
dit dra die kindwees in die harte bly,
soos kinderdae wat deur my vingers glip.

Ek hoor dit helder weerklink in die lug,
‘n klank wat speel, soos ‘n stroompie wat sing,
dis kort en kragtig, ‘n vonkel, ‘n sprankel,

Wat in ons taal ‘n diep vreugde bring,
en waar dit gaan, weerklink ‘n sagte sug,
soos nostalgie wat deur die jare klankel.

©MarleneErasmus
30/010/2024

* KLANKEL – klank + klingel




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed