Geleende Veer
Skouspelagtig daag sy op
pragtig afgerond geklee
met ontwerperskeur en fleur
asemrowend tower sy die feëverhaal
met geleende veer
Valse waarheid
glasskoen verloor
tinktinkie-lelik en onafgerond
sonder geleende veer
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2021 – OOP projek