Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: selfstandig

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 19 November 2021 Aantal woorde: 95 37 Kere gelees 2


ek hou van ‘n man
wat sy man kan staan
digters speel met woorde
verplaas onvergeetbare gedagtes
om vir dekades in enersdenkende breine
te kan dien as norme vir die uitstaande
wie sal (bly)staan as die vuur kom
wie sal self-standig kan aanhou
sonder aardse hulp of raad
slegs met Hom as rots
waarop jou staan
gevestig kan bly
“self” is nooit “standig”
op sand of modder
kan jy nie bly
staan of sit
selfs nie
wegkruip nie
moenie ooit die mengsel
daarvan verarm nie
soos verarmde
sement sal
jy faal

©Teãrlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 1201
Kommentaar telling: 152

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 360 gaste aanlyn

Bydraes – Argief