Ou Rapons
Ou Rapons Sy het grootgeword op ‘n Kalahari-plaas. Sy wou tog vreeslik graag hê die seuns moes haar rondjaag. Met haar verbeelding was daar geen fout nie. Sy kon haarself altyd in ‘n storie inleef. Jaghuis en windpomp was haar torings. Sy was nooit bang vir dorings nie. Vir hare sny was sy bitter bang. […]
Ou Hans se laaste kans
Ou Hans se laaste kans By die swembad het hy gesit, gekyk hoe die nooiens in die water plons. Al wat Hans tog geken het, was die ou gansdam. ‘n Kans het hy gewaag om te probeer ‘n nooi se hart te laat jaag. Ongelukkig vir ou Hans, het hy geduik soos ‘n padda en […]
Koos en Hans
Koos en Hans… Die twee kerels roep mekaar, elke aand wanneer die wêreld slaap. Basstemme heen en weer… Koos! Hans! Koos… Hans… Gesels die paddas by die dam. Ek wonder, sal die dag wel kom dat hulle mekaar sal vind? ©️ Ryno du Plessis 2026
’n Wêreld in ’n sandkorrel
Ek sit op die kruin van die hoogste duin in die eindelose sandsee van die Kalahari waar stilte voor oneindigheid kniel onder die oopgesperde hemel blou die wind liasseer die dag se spore in die geheue van die sand en korreltjie vir korreltjie gly die ewigheid deur my vingers ek sien ’n wêreld in een […]
“Een se dood is die ander se brood…”
Die eksentrieke velhoed sit laag oor die kop met yl haartjies en hy skreef sy oë teen die skerpgeit van die ondergaande son. Sy blik vee oor die volle breedte van sy plaas. Die rye mielies skep goud uit die ondergaande son. Swerms rooivinke swiep laag oor die bultende mieliekoppe, swenk in wye boë […]
Skuit jy dan op jou eie voorstoep?
Hoe dit gekom het dat ek eers in my herfsjare dié les moes leer verstaan ek nie! Ek meen, dit sou dekades terugdraai had ek die goue reel eerder omarm: “‘n Mens skuit nie op jou eie voorstoep nie.” Van lojaliteit het ek in my jeug min verstaan. Ek was hoeka nie dergelik agtergeblewe of […]
wekroep
onbaatsugtig is jou lewe lewe om naaste te dien verewig in wat mens sien evangelisasie in jou strewe ontgogelde lewenservaring stampe en stote van ruheid onbeskaafde einde in gruheid elke moordslag ‘n verklaring hoe lank nog kan dit voortgaan ontsluit tog die onbekende, Heer kan die boeremens nog bestaan © […]
Net ñ tikkie tyd
Net ‘n tikkie tyd Kan my oggend net weer begin met tuisgebakte beskuit en koffie wat op die ou koolstoof staan en trek. Ek onthou die dae toe ek nog Ouma se boontjiebredie kon ruik. Vandag is ek tevrede met beskuit uit ‘n boks en ‘n vleisie in die pan. Sou die dag net […]
ñ Roos vir haar
‘n Roos vir haar Sy is iets anders as die res. Sy weet hoe om my behoorlik te verpes. Haar hart is van goud gemaak, al weet sy ook hoe om dit van tyd tot tyd vir my toe te maak. Sou iemand my eenvoudige skrywe ‘n pragvers noem, dink sy dit is die mooiste […]
Tekkies vir liefde
Tekkies vir liefde Sou ‘n gesprek begin met: “Is jy getroud?” My veters is lankal vas. Ja, ek is maar met die plaas. Soet woorde kan my lankal nie meer verbaas nie. Kinders en ‘n hele geraas was nog nooit deel van my verhaal. Vriende oral oor, gesels en grappies is waar dit hoort. Sou […]