Jongste aktiwiteit:

Kommer is soos ñ sosatie

Kommer is soos ‘n sosatie

 

Alles skop af by die skerp stok. Soos ‘n pyl pak ons elke keuse aan.

Elke keuse is ‘n bestanddeel: ‘n bietjie vleis, ‘n bietjie vet, dalk ‘n ui of ‘n warm peper.

Stadig ryg ons die stokkie vol met ons eie besluit se kwel.

Kerrie of plein, iewers raak die stokkie net te kort.

Sag of taai, elke sosatie het sy slot.

Om kommer te ryg soos ‘n sosatie maak jou oud en steel geluk.

Die beste raad is om maar eerder oor die saak te bid…

Daardie stokkie steek soms seer, en die kerrie vlek net jou hande meer en meer.

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed