Sonkus (Silwer)
Vanoggend toe die son
my wang warm kom kus
en my weereens verseker
dat ek ook spesiaal is
kon gister se greep op *vasbytpyn
saadskiet oor bitter-soet herinnering
terwyl my hart dankbaar sy laaste
hartseer psalm sing
my *kroesgemoed tot vrede laat kom
uit oordenkingsboodskap van kosmosblom
©Driekie Grobler
*vasbytpyn – daardie diep seer wat jou vasgryp en soms vir jare weier om te los
*kroesgemoed – worstelende, deurmekaar gedagtes
2 Kommentare
-

Elizabeth
Lieflike vers Driekie.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2021 - Oordenkingsprojek