Nuwejaars Reën
Nuwejaar se reën As die reën val op my nuwejaar Ontkiem die bitteralwyn Spoel slote deur my dorsland Chernobiel se druppels brand my grense af As die reën val op my nuwejaar Sal ek appelbome plant in die rou geploegde vore Sal ek druppels vang en kristalle groei in my grotte Sal die reën hul […]
WAT KYK JY?
WAT KYK JY? Wat kyk jy? Jy sleepvoet nuuskierig verby en verrek skaamteloos jou skilpadnekkie soos jy saamkyk en, nes talle ander, vermy om te stop. Jy sê dis nie jou plek nie. Waarna kyk jy? ’n Geruislose geraas en vreemde woeling, gestamp en gestoot … gedempte gil. Ongemaklik trap-trap jy uit voeling – dis […]
stryd
stap ek op die reguit pad dan swaai my kop steeds heen en weer in die wind winde van veranderinge wat my gedagtes wil aflei my voete vind die reguit pad my gedagtes dwaal nog weg pyn en seerkry in flitsende lig bedwelm van medisyne-pille dwaal my gedagtes aweregs my lewe wil by regverdig bly […]
Wanneer hartseer ‘n gewoonte word.
(Woordtelling 1504) Ons koppel gewoontes gewoonlik aan iets soos om altyd in ʼn spesifieke stoel te sit, op dieselfde kant van die bed te slaap, jou koffie links om te roer, om jou tande voor of na ete te borsel. Selfs irriterende gewoontes soos die byt van naels, of om nie te kan praat sonder […]
Wegstap gedagtes (goud)
Soms stap mense aan party draai om (soos Lot se vrou) ander gee net eenvoudig nie om nie ék stap maar net voort meeste medemense stap ook sommer net party van hulle is kompasfoos rigtingloos en bestemming gek my bure gaan nêrens nooit hul bly net hier jy het weggestap hy het ingestap ek was […]
Om onsigbaar te wees
Brons gradering Om onsigbaar te wees Om met ʼn Flegmatiese persoonlikheid/temperament/ingesteldheid- wat ook al mens dit noem – geseën te wees is soms nie ʼn seën nie. Ek wil dit sommer as ʼn FPA beskryf – ʼn flegmatiese persoonlikheidsafwyking. Jare gelede, net toe ek begin skoolhou, reël die hoof ʼn spreker om die personeel bietjie […]
Stilswye
Granaatrooi geheime dwaal blosend deur die spasies van die gat in my siel waar hulle (soos verroeste krane) bloeiend bloep-bloep drup en afsyfer deur die krake na die krater in my hart waar hulle pateties en stom rebelleer teen my wil en spraakverbod.
Woorde
Sal daar dan ook woorde wees, sou my hande, gekraak en deurspat met blou, soos die padkaarte van ouds, soekend en bewend huiwer, wanneer jy aan my raak? En wanneer die skoonheid en jeug soos ‘n verveelde minnaar aanbeweeg en langsaam en van jou vergeet? Sal daar dan ook woorde wees, sou al die blomme […]
Hooglied
Hooglied אֲנִי לְדוֹדִי וְדוֹדִי לִי Jou vergifnis het ek verpand vir dertig nuwe drome, toe my kruis langs jou poorte laat lê. En maar vir jou ‘n tuin geplant, met vyebome sonder vrug, net soos jy graag wou hê. Al die offers wat ek eens na jou heil’ge plek sou bring, lê vertrap soos sout […]