EK VERLOOR
EK VERLOOR (Brons afdeling) Wanneer niks wat ek was meer is wat ek dink nie en dit wat ek dink net nooit meer reg klink nie wanneer frases en woorde eens melodieë was maar nou afkolk in spirale van sin(ne)lose verhale en ek kop verloor dat die trane rol en niemand besef ek raak innerlik […]
Woordbloeisels (goud)
Ek pak sterstof teen jou geslote slotsin omdat ek jou nou stilweg moet laat sterf want daar is niks wat ons van mekaar kan erf al moes ons as ‘n bystelling oorbegin maar ek sal jou in my mond ewig vasboei want daar is geen keer as woorde ons laat bloei. © 9/2022 Caren Kearley […]
Pretbederwer
die bitter drup d r u p op my geluk soutsuur v r e e t my staal angs het kloue ingeslaan in vreugdevolle vooruitsigte twyfelgedagtes het my blydskap (tydelik) kom haal Etna Wepener ©️
Wat is die kans?
Dit is gek om te glo dat die vlees die onafwendbare sal oorheers metdat die gees totaal ontkennend (in ‘n verslawingswaan) veglustig baklei téén die minimale moontlikheid en hoë onwaarskynlikheid dat hy by volle magte is om ‘n selfopgelegde doodstraf met kortsig te durf betwis. © Loretta Szikra
DIS TE LAAT
Op ‘n doodgewone dag toe die ou bloekomboom vir die laaste keer fluister net voor die wind haar kom vat het ek saam in wenteltrappe na bo gestorm om beter te kon sien ‘n onstuimige son het haar om my gekronkel maar ek het harder probeer om bo te kom ek wou afkyk om deur […]
Skarrelkind
Skarrelkind My oë traan van die snerpende koue, my ore pyn en my tande klap opmekaar. Nog net twee karre het verby gekom, asseblief Here bid ek, ek kan nie meer die koue vat nie. Dankie tog, die robot slaan oor na rooi. Ek hardloop na die voorste kar maar die vensters is toe. Nou […]
Hemelskadu
Liefling, jy is die sterk hart wat die polsslag van ons liefde bepaal, so ons dra jou met trane oor ons wange maar dankliedere in ons harte na ‘n plek waar lang koeltebome en begroeide graniet hul eie storie verhaal. © Zebbie
HOE LANK (goud)
Hoe lank sal dit vat om gedagtes te ontbind sodat ek net weer die mens binne my kan vind want my wag het lankal die lewe ingeskiet terwyl ek toekyk hoe spore orals vergaan in die wind. © 7/2022 Caren Kearley FB: Nimfoleptiese Woorde