Jongste aktiwiteit:

ProjekteJulie 2022 Wat skryf ek projek

 

 

Beste INKers

In die Julie projek gaan elke afdeling sy eie unieke opdrag hê, lees daarom mooi om die verkose opdrag na te kom.

Gaan lees asseblief die skrywe onder die titel “Wat skryf ek?” wat deur die Ink Moderator in Junie maand geplaas is.

DIGTERS:
1. Skryf ‘n Persiese kwatryn.
2. Geen spesifieke tema nie.

MENINGSTUK (VOORHEEN GORREL)
1. Gee jou mening oor die kontroversie wat tans afspeel rondom die naamsverandering van die Afrikaanse Taalmonument.
2. Meld jou woordtelling.

RUBRIEKE
1. Verdedig die standpunt: “Afrikaans is ‘n lewendige, vernuwende taal.”
2. Nie meer as 600 woorde nie.
3. Meld jou woordtelling.

ARTIKELS
1. Skryf ‘n artikel oor die invloed van organisasies en die rol wat hulle speel as kampvegters vir moedertaal onderrig.
2. Nie meer as 600 woorde nie.
3. Meld jou bronne van navorsing.
4. Meld jou woordtelling.

VERHALE
1. Skryf ‘n komiese verhaal oor ‘n gebeurtenis in ‘n klaskamer.
2. Nie meer as 1000 woorde nie.
3. Meld jou woordtelling.

Skryf lekker.
Prjoekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Die geveg vir moedertaalonderrig. As jy vertroud is met die nuus van die afgelope tyd, sal jy vind dat Afrikaans dikwels die onderwerp van bespreking is. Verskeie instansies soos Die Afrikaanse Taalraad (ATR) en burgerregte-organisasies soos AfriForum en die DAK Netwerk is in ʼn verbete stryd gewikkel om Afrikaans se belange te beskerm. (DAK se […]

Elke skool het een. Een van daai onderwysers wat Hitler soos ‘n Care Bear laat lyk. Juffrou Groffen-van Moldeldolf was Hoërskool Onsdinkonskan se tiran, despoot en diktator. Die kinders het haar gehaat. Sy het kinders gehaat. Soos dit ook in enige skool is het Juffrou Groffen-van Moldeldolf ook ‘n bynaam gehad: Ou Visoog. Die bron […]

(Woordtelling 478) Afrikaans is soos ’n bredie – daar is altyd plek vir nog bietjie vleis, groente of speserye. Is dit dan nie oorspronklik ʼn kombuistaal genoem nie? Hierdie eens veragtelike kombuistaal het egter gou-gou in ʼn lekker potjie dik bredie met ʼn geurige sous verander, die vernedering lankal vergete. Eintlik staan ons moedertaal maar […]

Afrikaans is ʼn lewendige, vernuwende taal! Ek stem heelhartig saam met die stelling dat Afrikaans ʼn lewendige, vernuwende taal is. Ons moet histories kyk hoe die taal ontwikkel het oor die jare. Afrikaans is ʼn lewendige taal wat homself gedurigdeur transformeer. Van die vroeë ontstaansjare het Afrikaans uit verskillende dialekte ontwikkel. Alhoewel die variëteite al […]

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed