My brief vir jou. (BRONS)
My brief vir jou. In die tye waarin ons leef, kan ek jou vinnig kontak op e-pos of sommer ʼn sms na jou stuur. Dit is egter nie die manier hoe ek vandag met jou kontak wil maak nie. Nee, ek gaan vir jou skryf – ʼn regte brief met my kalligrafie-pen op my mooiste […]
My lewe, my liefde, my taal. (BRONS)
My lewe, my liefde, my taal. My eerste skree het ek gegee in Afrikaans. Ek is ontvang, gebore en verwelkom in die mooiste soete klank van my taal. Met my tuiskoms by ons skakelhuis met die blinkoog politoerstoep, is ek neergelê in my rottangwiegie. So met moedersmelk en Ouma-Meelbol pap is ek gevoed met wiegeliedjies […]
Kupido (BRONS)
Kupido blond naïef borrel giggel soek ondersoekend vraend loerend smagtend wandel vind skiet bly tevrede Valentyn ©Marlene Erasmus 28/02/2021 (Diamantgedig)
My liefde, my lewe
My liefde, my lewe Dis die jaar 1989. Ek is alleen tuis. My ouers en broers kuier nog in Carolina, maar ek het vroeër huistoe gekom. My klasse begin reeds weer more. MGuyver is op die kassie en ek is half vererg as iemand aan die voordeur klop. Dis die dae wat ons die deur […]
My lief
My lief Kom saam vanaand as die son gaan lê neem my hand en dans met my in ‘n maanligaand onder sterrelig net ek en jy van mens’ en sorge vry. Elna Kruger 17/2/2021 Kopiereg
my geliefde (BRONS)
liefde is as jy warmsag nestel teen my siel droomman van my hart ©Marlene Erasmus 28/02/2021 (’n Senryu)
My Redder en Hoop Silwer
Ek strek my hande na U Hemelheer lê my sorge voor U voete neer my stem vereer U heilige Naam sing ‘n loflied in aanbidding saam my Redder my Hoop my Rots alom my Herder van wie my genade kom ek jubel en juig my hart sal getuig van my oneindige liefde vir Hom my […]
Gelapte legkaart Silwer
My legkaart lê op die vloer – stukkend (van die tafel afgesmyt) jy het met jou vuil voete die brokstukkies kom stukkend trap hier waar ek stadig maar seker my lewe wou bou my liefde uitgesprei oor ‘n denkbeeldige vaste rots hier het jy skelm stukkies van my lewe kom steel; toe ek halsstarrig aanhou […]
Nuwe begin
Landi het slapelose nagte gehad, haar rustige lewe het skielik in ‘n nagmerrie verander. Vir die eerste keer het sy nie geweet watter kant toe nie, moet sy die restaurant verkoop of hou. Sy sal moet ‘n besluit neem, gou ook. Die volgende dag, stop sy by haar ouers se huis haar pa het altyd […]
Bottel in die branders Silwer 1153 woorde
Mara laat sak haar skouers. Die seemeeue kla en kerm en swiep laag oor haar kop heen. Hulle duik weg en gaan aas maar weer by die dokke. Mara se sakke is leeg. Die laaste broodkorsie het sy vir Brakkenjan gegooi. Die roomwit basterbrak volg haar al die hele week. Die son vlek die horison […]