Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: My Redder en Hoop Silwer

Deur Amanda
Datum gepubliseer: 28 Februarie 2021 Aantal woorde: 107 142 Kere gelees 4

Ek strek my hande na U Hemelheer
lê my sorge voor U voete neer
my stem vereer U heilige Naam
sing ‘n loflied in aanbidding saam
my Redder my Hoop my Rots alom
my Herder van wie my genade kom
ek jubel en juig
my hart sal getuig
van my oneindige liefde vir Hom
my hande reik op na U Hemelheer;
ontvang genade so sag en teer
my siel roep in aanbidding aan
ek prys U allerheilig wonder Naam
my Redder my Hoop my Rots alom
my Herder van wie my genade kom
ek jubel en juig
my hart sal getuig
van my oneindige liefde vir Hom




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    1 Maart 2021

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2021 – Liefdes-projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 80
Kommentaar telling: 36

Ouma van Vier woelwaters. Ma van 5 (2 stief) en vrou van 'n wonderlike Godsman. Woon tans in Alberton. Skryf is my uitlaatklep. My hart bloei ink op papier.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 164 gaste aanlyn

Bydraes – Argief