Jongste aktiwiteit:

waar begin ewigheid? (Goud)

ek wonder waar ewigheid begin
by nul waar niks nog ’n naam het nie
of by een
wanneer die vonk vir die eerste keer begin brand
ek tel tot tien en dan raak my vingers op
maar ek wil nog langs jou wakker word
dalk het ek net te vinnig klaar getel
dalk is elke einde net ’n asemteug
’n nulvonk wat in my gloei
voor ek weer by een begin

©MarleneErasmus
31/10/2026

die eerste vonk van ’n nuwe begin wanneer
dit voel of daar niks oor is nie.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed