
Bloedmaan-Karoo
op ’n ander Karoonag
het die maan bloed gebloei;
roes het haar wang
in die donker gegloei
wat is dit dan
aan die maan en haar lig –
sy heel jou, sy breek jou
sy word ’n gedig
wat binne jou sluimer
en wag op ’n woord
wat jou siel met jou sinne
laat rym en akkoord
© Carma Shaw
27 Julie 2020
16:26
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.