‘n Kardoesie vir Vyfsent
Laat my gedagtes saam met jou kreukel tot lankgeleë se voetloop, se mooi, se onthou… onthou van sorgloos, kindwees, lag – lag oor lekker en nie hierdie ewige wag. Onthou jy die Griek in ons armbuurt? Já die een op die hoek… met sy ronde glasbottels lekkergoed, gevul met Appelkosies, Wilson toffies en Chappies, ja […]
Bloeisels vir Cindy
Donkerblou wolke pak saam, dit begin liggies te drup. Cindy stop in die parkeerarea en klim uit haar motor uit. Sy kyk in die blou lug in en voel die fyn druppels op haar mooi gesig val. Swaar reën is oppad en sy moet vinnig by die koffiewinkel in stap sodat haar mooi gekamde hare […]
Donker Goël-uur: (Kwatryne)
selfs die rooi-dagbreek lê nog sluimerend sy glip uit drome gedagtes ontbind en kleef vas teen die donker van die uur die stilte verstrengel haar versmorend ‘n vrou lê wakker in ‘n sinkplaathuis ‘n vrou sit wakker in haar duur kombuis op die oog af verskillend dog glad nie want elk een ongeag dra aan […]
KOM ONS GESELS OOR MAANDAE
Maandae val vir my in dieselfde kategorie as rollmops, olywe, oneerlikheid, tandarts en die winter – NOT AT THE TOP OF MY LIST! Maandae is vir my skokkend naby aan Vrydae. Ek bedoel, mens het nog net begin relax dan is die naweek verby. Maandae, voel dit vir my, vang my áltyd half onverwags en […]
‘n Perd van ‘n ander kleur
Die spinnerak, die web van die spinnekop, is ‘n verstommende prestasie van ingebore vindingrykheid en tegniek. Spinnekoppe is inverebraat-roofdiere met agt bene, geen tande en geen vlerke nie. Hulle behoort aan die Araneae-familie. Daar slegs sewe spinnekoppe in Suider Afrika waarvan ons werklik kennis hoef te neem. Vyf is gevaarlik en mag selfs dodelik wees. […]
krummels
mis bedek my duin klanke rinkink daaroor vistreilers wat kom en gaan see se tafel staan gedek onvoorspelbare golwe wieg heen en weer feesmaal is aan die gang eetgoed kletter helder klanke kos word heen en weer gestuur welriekende reuke hang ryk aptyte word gou versadig wat nie dood maak vet teen mure sit vlieë […]
VROUWEESGEMAAK EDMS =BPK)
VROUWEESGEMAAK EDMS (BPK) Ek is maar net ‘n vrou wat partykere se soms aspris middel/deur kan breek. Al is ek die tawwe, onverskrokke GhwarriegatQueen. Ek is meer van ‘n vrou as waarvoor volk en Vaderland my sal wil kredietgee. Ek mag eendag lank-lank gelede saam met die duiwel geslaap het en tussen Satynlakens my bene […]
Opelug
“Dit is nie wat ek bedoel het met ‘onsigbaar’ nie,” sis Malachi. Die skare versamel om hulle en vul die amfiteater. “Ontspan, niemand kyk na jou nie,” sê Beau, leunend teen ‘n boom. “Hoekom sou hulle? Ek is korsmos!” “En?” “Ek het jou gevra om my onsigbaar te maak, nie onaangenaam nie!” Beau lag. ‘n […]
Poetsbakker
“O, almal het gedink jy’s mal,” sê die groen-gevlekte wimple-feetjie en grinnik van oor-tot-oor. “Ek bedoel, wie sou gedink het dat ‘n ridder so ‘n wonderlike sangstem sou hê?” Die dawering in Dylan se ore verdrink die musiek, die lag van die partytjiegangers en als anders behalwe Michael se gesig. Hy wou sy swaard trek […]
die profeet
op sy voorkop is daar ‘n naam maar niemand kan dit lees nie sy klere hang nat van die bloed om hom trek skare soldate saam spierwit perd het vurige maanhare miljoene soldate is almal wit geklee hy kom om te vergeld al sy kinders wat verguis was in ongeregtigheid soos ‘n vurige wind deur […]