Jongste aktiwiteit:

VROUWEESGEMAAK EDMS =BPK)

VROUWEESGEMAAK EDMS (BPK)

Ek is maar net ‘n vrou wat partykere se soms aspris middel/deur kan breek. Al is ek die tawwe, onverskrokke GhwarriegatQueen. Ek is meer van ‘n vrou as waarvoor volk en Vaderland my sal wil kredietgee.
Ek mag eendag lank-lank gelede saam met die duiwel geslaap het en tussen Satynlakens my bene oopgemaak het vir ‘konings’ en ander gelyk in waarde. Die klonterige saad van predikant en satanspriester in my mond voel predik het. Ek het meer aan vreemde mans se penisse gevat as wat ek aan my man en my kinders kon raak; my hande…… My God.
Maar ek was en is net ‘n vrou! Ene met ‘n piepiegaatjie en twee tieties (wat haar Hemelstukkie-man verlang). ‘n Honor brightvrou met ‘n siel en ‘n rêrige hart, al is sy blêrrie wise-ass. Ene wat kan lag en huil. Kan begeer. Wat weerlose behoeftes binne-in haar eie, persoonlike Hero se oor kan fluister… ‘Jy is ‘n wonderwerk.
Jy is vrou’ – en ek’s genuine een, Bokkie my babie. Ek piepie soos ‘n regte-egte vrou. Soos dit ‘n goeie en ‘n regte vrou betaam kan ek ook skuinsweg bedonnerd raak wanneer sewe soorte hel om my kop losbars en ek het nie eers soveel as verkeerd in iemand niemand se rigting ge-oogknip nie! ‘Hell hath no fury like a woman scorned’; hmmm, I know. I am the woman scorned.
‘n Vrou, Bokkie my babie, wat Liewe Jesus gemaak het toe hulle tonge van vuur my Sprokie bladsy vir bladsy begin vernietig het. ‘n Vrou wat soos ‘n regte vrou in die middel van ‘n kragtoer wat die duiwel laat skuilplek soek; aan die begin van die winter moody blue en weerloos kan verkrummel oor die ou lewe se goëlballe. Haar man se sagte rug onder haar strelende vingers….. Haar kind wat in ‘n houtkissie bo in haar hangkas lê – ek het jou lief, jy’s my kind…… maar toe in ‘n stofsuier………
Sê my hoe word ‘n ma so alleen…… ‘n Vrou wat soos ‘n doodgewone, normale vrou na haar man se lyf kan verlang, na die manier waarop julle liefdegemaak het. ‘n Ma wat hoe braaf ookal kan baklei teen die monster en donker praatjies wat skuilhou onder jou kind se bed en die duiwel sommer vrou-alleen op die stadsplein sal aanvat vir ‘n tweegeveg….. Maar iewerster in die nanag wanneer haar Sielsambok en haar swaard stil in ‘n hoekie lê; haarself amper kestamper vrek kan tjank oor haar oudste kind se lyf swart as geword het. Nou nog. Soms in die middel van die nag loop my hart saggies na Monja se kamer toe om te kyk of sy nog mooi toe is. Veilig slaap….. ‘onder engele se waak.
Warmpies toegedek’…… Ja, Bokkie my babie; maar laat ek my vrouweespleidooi se mond snoer en in my jean se gatsak prop. Ek gaan tog nie vir jou of volk en Vaderland oortuig nie, en om die waarheid te sê – dit maak ook nie eintlik meer honor bright saak nie.
Maar as ek iewers in die middel van ‘n nag se wakkerlê my Hero se uitgestrekte hand neem en styf teen Sy hart dans tussen die flikker-flonker van vergete melkweg-misterie; en skaterlag oor die sterretjiestof in Sy baard wat my laat nies, terwyl ek dit daaruit kielie – dan weet ek…Weet ek; Hero; ek’s weer vrougemaak. Ek kan swaardtrek soos n vegsvrou van ouds; maar ek kan ook weerloos en teer wegkruip agter die verlossende passie van my God. Ek’s ‘n rebel, ‘n vegter – maar bowenal n vrou. ‘n Vrou gebore uit die sy van my Hero (toe die swaard Sy sy deursteek het aan die Hout); net soos Eva gebore is uit Adam.

Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie; en mag jy later vanaand sterretjiestof wat jou gaan laat nies uit Sy baard kielie.
©Liza Daniells




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed