BIC pen (Goud)
BIC pen ek kom uit massaland provinsie my ma en pa en boet en sus en almal in die boksie daar in die CNA lyk identies in gelid ons lyfies is gedaantedun met heel dieselfde DNA as ons van die rak af kom begin ons reis op aarde so was ek al in vliegtuie op […]
wintersprokie – ‘n proloog (Goud)
warmgeslaapte nagasem tref en versplinter die vroegoggend winterlug hang vir ‘n wyle damperig rond tot dit koulik wegdryf ryptapyte bevestig: die herfs het gewyk sê met hul diamantglinster dat die winter ‘n sprokie is en die Skrywer daarvan ook die kreatiewe Skepper van stil en ysig-statiese aande en alleswinter tussen-in selfs die doodsheid van die […]
mooi soos die see (Goud)
waar die ebvloed netnou-maar teruggetrek en skulpe broos gelê het wil ek kruisbeen sit en dink aan die ritmiese in en uitasem van die diepsee die pletter-breek van branders teen rots en sand en my spore op die strand wanneer jy vir my sê… sussie vertel vir my iets mooi, toe sal ek jou […]
Johannes, Jani’s – Jani’s (Silwer)
(Ode aan Johannes Kerkorrel) jou Hillbrow se hart lê gestrooi jou ouman se plekkie is leeg sy voetspore stof nie meer nie en daar waar Fontana se hart geklop het is twee staaldeure met ʼn ander naam ʼn ander hart Chelsea Hotel…Taxi’s staan ingeryg flenters – plakkers, gemors jy het vir Hillbrow […]
Johannes, Jani’s – Jani’s (Silwer)
(Ode aan Johannes Kerkorrel) jou Hillbrow se hart lê gestrooi jou ouman se plekkie is leeg sy voetspore stof nie meer nie en daar waar Fontana se hart geklop het is twee staaldeure met ʼn ander naam ʼn ander hart Chelsea Hotel…Taxi’s staan ingeryg flenters – plakkers, gemors jy het vir Hillbrow […]
Soveel dae, soveel dinge
(Woordtelling : 728) Wie sou nou ooit kon raai dat die dag sou aanbreek waarop jou minderjarige kind jou kan aankla en ’n beskermingsbevel bekom omdat jy en jou eggenoot baklei? Dit is seker waar dat ʼn kind trauma ervaar deur dít wat hy in sy ouerhuis waarneem, maar om ʼn bakleiery te rapporteer […]
Artikels, ‘n Bron van Inligting
(Woordtelling : 783) Dit is geen geheim dat die skryf van ʼn artikel direk gemik word op ʼn spesifieke leser nie. Dit is ook ʼn werkstuk wat gewoonlik in koerante en tydskrifte gepubliseer word, geskryf deur ʼn kundige persoon. Dit is nie ʼn storie nie, maar moet betroubare feite bevat om die leser se […]
Laika (Brons)
laika (brons) ek sit en kyk na die sterre saam met my hond roxy en wonder of jy die mensdom sien skitter of proe als galbitter daar waar jy staar deur ’n patryspoort soos laika die ruimtehond lank-lank gelede voordat haar kapsule die atmosfeer kon tref is sy verhef van rondloperbrak van moskou […]
Die verkeerde Vryheidsfront (brons)
Oom Piet waggel die paadjie af, een hand op die pluiskuil en die die ander op die kierie. Waarom hy nou hier moes kom stem weet nugter alleen! Die ou by die ander stemlokaal het uitdruklik gesê dat hy hiernatoe moet kom. Om een of ander rede is hy hier geregistreer. Daar is ‘n hele […]
Akrostigon: Winter (silwer)
Weemoedswinde waai droewig in stede en vaal verlate vlaktes na waar stofstorms dwarrel tot waar roesbruinblare lê en ysige koue vaskleef ritteldans deur al wat leef.