Jongste aktiwiteit:

Maanskyn en rose

Maanskyn en rose

 

Pa het gesê trou is nie perde koop nie, ma het gesê liefde is alles behalwe maanskyn en rose.

 

Vriende het vertel liefde kom van die bose, los jou hart elke keer net gebroke.

 

Ek het geglo liefde is ’n legkaart ek moet net die stukkies vind. Gou het ek besef ek is verkeerd, toe al die ander stukkies ook hul plek in my legkaart probeer vind.

 

Die nag is stil met die groot ou silwer maan, die rose weerkaats in sy mooie lig.

 

Die besef kom tot my deur, liefde is toe al die tyd maanskyn en rose.

 

Sou die liefde donker word en ek en jy bring elkeen ons halwe maan, sal ons saam die volmaan laat skyn in die donkerte.

 

Die mooiste roos se dorings steek altyd bitter seer, tog is elke seer die moeite werd gewees om die roos vir jou te gee.

 

Al bring die liefde soms sy seer kan die lig die donker beheer. Solank ek en jy iewers saam ’n les kon leer.

 

Tog glo ek vandag steeds saam met pa, die liefde is nie perde koop nie want eintlik is liefde nooit te koop nie.

 

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed