My skemerstoep (silwer)
Hier sit ek tussen binne en buite tussen son en maan
tussen insig en uitsig
tussen gemak en avontuur
tussen plig en dogma
daar’s net iets aan ‘n stoep
wat die lewe weer aanmekaar plak
sy hoekies rond maak
en die dag se las versag
wat die kors van tyd afskil
vervloë emosies tydsaam inkatrol
en die gemoed oorspoel
daar’s net iets aan ‘n stoep
wat die hart se brooskant oopvlek
‘n rou eerlikheid ontsluier
wat span oor lag en traan
en my vir ‘n wyle bevry
by plig en dogma verby
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Mei 2024 - OOP projek