My liefdesgedig
My liefdesgedig
Soveel rose, ‘n son wat sak, ook die maan, en beloftes wat in woorde gemaak en selfs laat rym is.
Vir jou wil ek die wêreld gee, van blaf en speel. Jou oë wat streel wanneer die wêreld op my skouers rus.
Ons as mense wil soveel aan mekaar beloof, maar, my liewe brakkie, ons bly gewoonlik doof.
Keer op keer tel ons harte op, lap en plak dit weer vir ‘n volgende keer.
Sou ek maar net soos jy kon blaf en kommunikeer, sou ek kon sê: Ek het jou ongelooflik lief.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.