Ou Boereplaas
Ou Boereplaas
Oral oor ons mooie land, van elke hoek tot kant. Spog, plase, met dropperpale en grensdraad, party hoog, ander laag.
Elke plaas dra sy naam. Windpompe hier en daar te sien, bees of skaap of selfs net ’n land.
Vir volk en nasie sorg jy, op die boer se sweet streef jy.
Saam bring jy mense om te bid vir reën of teen vuur. Laat almal dans in die goue uur.
Plek van vrede, plek van rus, hier leer ken die boer die grote God.
Elke oes word deur Hom beheer.
O boereplaas, vir jou het ek lief bo alles.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.